64 Ha Besproeiingsplaas te Koop – Bainsvlei, Bloemfontein
Hierdie uitstekende 64 hektaar besproeiingsplaas in die gesogte Bainsvlei-omgewing bied 'n besonderse geleentheid vir die boer of belegger wat op soek is na 'n produktiewe plaas met uitstekende infrastruktuur en volop water.
Die plaas beskik oor 12 goed ontwikkelde kampe met vrugbare sand-leemgrond, ideaal vir uiteenlopende landboubedrywighede. Besproeiing word voorsien deur 16 boorgate, waarvan 1 met 'n monopomp en 15 met dompelpompe toegerus is. Water word verder ondersteun deur 'n groot sementdam met 'n 25 kW-motor en 'n sinkdam met 'n 8,5 kW-motor, wat 'n betroubare en doeltreffende watervoorsiening verseker.
Die eiendom beskik oor waterregte van 439 000 m³ per jaar, wat uitstekende besproeiingspotensiaal bied. Besproeiing word aangevul deur:
- 1 x Sonskyn spilpunt – 4,8 ha
- 1 x Sonskyn spilpunt – 5,2 ha
Die gebied ontvang gemiddeld ongeveer 500 mm reënval per jaar.
Die plaas bied twee woonhuise:
- Hoofwoning: 4 slaapkamers, 2 badkamers, ruim sit- en eetkamer, asook 3 motorhuise.
- Tweede woonhuis: 3 slaapkamers, 1 badkamer, kombuis, leefarea en 1 afdak. Die woning benodig aandag, maar bied uitstekende potensiaal vir personeel, familie of huurinkomste.
Boerderyverbeterings sluit in:
- 1 x Toegeboude sinkstore
- 5 Werkershuise met koopkrag en water
- Skaaphanteringsgeriewe
- 8 Skaapkrale
Die plaas is toegerus met 3-fase Centlec-krag (2 x 50 kVA) asook 'n sonkragstelsel, wat betroubare en kostedoeltreffende kragvoorsiening verseker.
Addisionele waarde:
Hierdie plaas word as 'n lopende saak verkoop en sluit alle implemente en toerusting in. 'n Volledige inventarislys is op aanvraag beskikbaar.
Hierdie is 'n skaars geleentheid om 'n volledig ontwikkelde besproeiingsplaas met uitstekende waterinfrastruktuur, ruim verbeterings en waardevolle waterregte in die gewilde Bainsvlei-omgewing te bekom.